Kontak asb. die skoolkantoor (018 596 1108) vir enige nuwe aansoeke.
Benodighede vir Gr.1
- ‘n Tas met rakke – A4 boek moet inpas (mag wielietjies hê)
- 4 Gomstiffies – slegs Pritt of Amos asb. (1 per kwartaal)
- Skerpmaker
- Goeie skêr (ronde punt)
- 1 Pak 2H of HB potlode
- 2 Pakke uitdraaikryte. BAIE BELANGRIK – maak asb. seker dat al die kleure elke dag by die skool is.
- Koop asb. potlode van goeie gehalte. MERK elke potlood duidelik met leerder se naam. Dit word by Juffrou gebêre en aan die leerder gegee wanneer hy/sy dit benodig.
- Waterverf vir Klankeboek (om by die huis te gebruik)
- A4-plastiekkoevert vir Klankeboek, Leesboek ens.
- 3 rolle toiletpapier
- 1 Inkleurboek
- Sponsie (vir die swartbordjie)
- 1 Flip-file (30 bladsye) vir los papiere
- 1 Flip-file (50 bladsye) vir leesboek
- Voorskoot
- Stoelsakkie
- 1 riem A4 – wit afrolpapier (500 bladsye)
- Plastiekoortreksels vir huiswerkboeke
- Kontantbedrag van R100
Al die ekstra skryfbehoeftes moet deeglik gemerk word en in ‘n 2 liter roomysbak gesit word. Die roomysbak moet asb. ook duidelik met elkeen se naam gemerk wees. Juffrou neem dit in en die maatjies kan uithaal soos hul iets benodig.