Uit die hoof se kantoor
Ons skool se Visie en Missie strek verder as die vier mure van ‘n klaskamer. Laerskool Wolmaransstad beskik oor goeie akademies gekwalifiseerde personeel wat doelgerig ons leerders se akademiese kennis wil verbreed. Ons glo dat buiten die akademie, dit belangrik is vir elke laerskool leerder om genoegsame geleenthede te hê om sy/haar talente te ontwikkel. Laerskool Wolmaransstad se benadering is holisties en daarom kry leerders die geleentheid om akademies, op kulturele vlak en op die sportveld te presteer.
‘n Goeie gebalanseerde standaard word gehandhaaf by Laerskool Wolmaransstad. Ons leuse is “Werk en Skitter” wat hand aan hand saam met Geloof, Hoop en Liefde loop. Ons Christelike beginsels en waardes word elke dag so uitgeleef.
Een maal ‘n Wollie, altyd ‘n Wollie!
Visie
Laerskool Wolmaransstad streef daarna om elke leerder se potensiaal maksimaal te ontwikkel. Ons glo dat drome bewaarheid word deur te WERK EN SKITTER.
Ons is baie trots om te kan sê al ons onderwysers is hart en siel deel van ons skool!
Druk op ‘n foto hieronder om meer inligting oor elkeen te sien.
Terreinspan
Voor lnr: Rosina Wanjane, Ennie Senoedi
Agter lnr: Janson Golden, Jacob Mpadisang, Israel Mongale