Wat het ek alles nodig vir skool?
NB!
As u skryfbehoeftes aankoop probeer ‘n goeie kwaliteit koop, dit hou net langer en werk beter.
Merk asseblief alle skryfbehoeftes duidelik.
Maak seker dat alle kleure kryte elke dag in die pennesakkie/penneblik is.
Plastiek boekoortreksels te koop in kantoor @ R6.00 vir A4 grootte en R3.00 vir A5 grootte.
Die ekstra skryfbehoeftes word in ‘n plastiek roomysbak gepak en word ingegee by Juffrou.
Die juffrou sal dan vir die leerders skryfbehoeftes gee soos wat hy/sy dit benodig.
Die juffrou sal laat weet as daar skryfbehoeftes in die bak kort.
Alle oorblywende skryfbehoeftes word aan die einde van die jaar weer teruggegee aan die kind.
NB!
Sorg asb dat die skryfbehoeftes gereeld aangevul word.
Slegs die SKOOLDAGBOEK mag gebruik word!
Alle handboeke en skrifte MOET met plastiek oorgetrek word.
Waar koop ek skoolklere?
Jy is welkom om op hierdie skakel te kyk na hoe ons skoolklere lyk en waar om dit te koop.