
Een klok lui aan die begin van die skooldag. Wanneer die klok lui, moet alle leerders op die teerblad in klasverband aantree. Die hoof/onderwyser en hoofleiers doen die afkondigings in die oggende. By die aantrede, nadat die klok gelui het, is alle leerders stil en sodra die onderwyser op diens die sein gee, beweeg die leerders in klasverband na die klasse waar hulle moet wees, saam met personeel/leerlingraad.
By die aantrede vir die saalgeleenthede, beweeg die leerders flink na die aantreevlak by die saal.
Daar heers absolute stilte wanneer die leerders die saal binnestap. Elkeen gedra hom/haar eerbiedig vir die aangeleentheid.
Net soos elkeen trots is op sy persoonlike netheid, so moet hy ook trots wees op die netheid en ordentlikheid van sy omgewing. So, moet elke leerder trots wees op die netheid van ons skoolterrein, die geboue, sportvelde, blomme en struike. Dit is nie net die taak van die hoof en personeel nie, maar ook die taak van elke leerder om te help met die opbou en instandhouding van ons terrein.
Wanneer afkondigings oor die interkom gedoen word, moet alle leerders stil wees en luister na wat gesê word.
Tydens die afsluiting van die skooldag in die klasse, moet alle leerders stil wees en met eerbied luister na die afsluiting. Geen spelery of lawaai sal gedurende die afsluiting geduld word nie.
Leerders mag slegs weens siekte of om ‘n ander goeie rede van die skool afwesig wees. ‘n Leerder wat afwesig was, moet op die eerste dag wat hy weer die skool besoek, ‘n brief van sy ouers bring waarin ‘n rede van afwesigheid aangedui word.
Die brief moet in die register-periode aan die betrokke klasonderwyser gegee word. Indien ‘n leerder langer as twee dae afwesig was, moet ‘n doktersertifikaat voorgelê word. Departement vereis dokumente om optrede te voorkom.
Gedurende skoolure word dringende verlof deur die hoof verleen – in die geval van ernstige siekte, dood of begrafnis, besoek aan ‘n spesialis, ens.
Geen leerder mag ‘n ouer of iemand anders skakel om hom/haar gedurende skooltyd te kom haal alvorens die nodige toestemming vooraf van die kantoor verkry is nie.
In bogenoemde geval moet die ouer persoonlik die leerder by die skool kom haal en by die kantoor uitteken.
Leerders wat afwesig is tydens ‘n toets of eksamen moet ‘n mediese sertifikaat inhandig anders kry hy/sy ‘n nul vir die toets of eksamen (NWOD beleid).
Ongereelde skoolbesoek steur die leerder in sy vordering en lei tot laksheid, gebrek aan belangstelling en uiteindelik tot onkunde en onbevoegdheid.
Net soos elke person ‘n werk het en daarna streef om dit goed te doen, so moet elke leerder skoolgaan as sy daaglikse werk beskou en dit goed doen.
Geen balspele mag onderdak of in deurlope gespeel word nie. Geen balspele mag naby mure plaasvind nie, omdat vuil balle gewoonlik kolle teen die mure laat. Hoof kan enige tyd balle verbied a.g.v. baklei/afknou ens.
Indien ‘n leerder gedurende skoolure beseer word of siek raak, moet dit onmiddellik by die kantoor gerapporteer word. So ‘n leerder mag slegs met die ouers se toestemming by die skool gehaal word deur iemand anders as die ouers. Geen leerder mag self huis toe bel en sê dat hy/sy siek is nie. Leerders wat kom haal word, word in perioderegister aangeteken. Toelatingsvorms moet volledig voltooi word met alle mediese inligting.
Geen skade of kwaadwillige beskadiging van privaat- of skooleiendom word toegelaat nie. Enige voorvalle moet onmiddelik gerapporteer word. Ouers kan aanspreeklik gehou word vir die skade.
Geen leerder mag gedurende lesure eet of drink nie. Die onderwyser mag alle kos, lekkers of peuselgoed konfiskeer of buite die klaskamer plaas.
Geen leerder mag by skakelborde, elektriese installasies of ligskakelaars peuter nie.
Geen leerder mag op die skoolterrein met ‘n fiets ry nie. Voor die ingang na die skool, moet leerder afklim en sy fiets instoot tot by die fietsloods. Namiddae word die fiets weer gestoot tot by die hek en in die straat begin hy/sy eers ry. Ook namiddae en saans met funksies, geld hierdie reël en ook dan moet fietse in die fietsloods geplaas word. Fietse wat ongesluit in die fietsloods gelaai word, is op eie risiko van leerder.
- Binne die klaskamer moet elke leerder sy uiterste bes doen om orde te handhaaf en sy deel by te dra dat die werk so vinnig moontlik vorder.
- Leerders mag geen speelgoed soos bv. voëlrekke, klappers, waterpistole, muise, elektroniese speelgoed ens. saambring skool toe nie.
- Boektasse mag nie op die tafels gesit word nie.
- Leerders moet alle papiere ens. wat om hulle banke gemors is, optel en in die snippermandjie gooi wanneer hulle die klas verlaat.
- Tafels en stoele moet ordelik in rye gelaat word. Daar mag onder geen omstandighede op die meubels geskryf of gekrap word nie.
- Geen leerders mag tydens lesure sonder ‘n verlofbrief buite die klaskamer wees nie.
- Geen leerder mag sonder toestemming van sitplekke verwissel nie.
- Daar mag nie tydens lestyd gesels word nie.
- Wanneer die hoof, ‘n onderwyser, of ‘n besoeker die klas binnekom tydens lesure moet alle leerders groet.
Leerders moet hul onderwysers groet wanneer hulle by hulle verby loop. Leerders moet nie laks wees in hulle houding nie, nie teen mure of pilare leun of met hande in die broeksakke staan nie. Leerders respekteer mekaar en geen gemene – of vuilspel word toegelaat nie.
Ons moet ons onderwysers beskou as ons leermeesters en raadgewers, mense wat altyd bereid sal wees om ons leiding te gee. Hulle is ook die persone wat elke kind se vordering op elke terrein van ons skoollewe fyn dophou. Van leerders word verwag om hoflik en vriendelik te wees teenoor hulle onderwysers en hulle behoorlik te groet. Van die leerders word verwag om gehoorsaam te wees en daaglikse opdragte en huiswerk na die beste van hul vermoë uit te voer. Leerders moet hulle altyd ordentlik gedra en so sorg vir die goeie dissipline en orde van ons skool. Leerders moet ook in alle opsigte lojaal teenoor ons skool wees. Daar sal nooit met minagting van ons skool, ons onderwysers en mede-leerders gepraat word nie.
Ons kry almal die geleentheid om die senior leerders van ons skool te word. Van die juniors word verwag om die senior leerders die nodige respek en eerbied te betoon wat hulle waardig is. Ons sien op na ons seniors om goeie orde, gees en tradisies van ons skool na te kom. Van alle leerders word verwag om mekaar onderling te ondersteun en aan te moedig op die verskillende terreine van die skoollewe. Leerders moet vriendelik en beleefd wees teenoor mekaar. Leerders moet verdraagsaam wees teenoor mekaar, nie onnodig kwaad word of mekaar kwaad spreek nie. Leerders moet hul uiterste bes doen in enige spanwerk, hetsy sport of andersins, om nie sy maats of sy skool teleur te stel nie. Leerders moet mekaar berispe as hulle verkeerd doen. Leerders moet hulself altyd en oral so gedra dat die goeie naam van ons skool hoog gehou sal word. Nuwe leerders word vriendelik ontvang en laat hulle gou tuis voel.
GEEN ‘lipgloss’, mascara, oogomlyner, wangblos, onderlaag, medisinale room of enige ander grimering word toegelaat nie.
Geen hardlopery op die stoepe of om draaie word toegelaat nie.
Leerders moet alle handboeke wat aan hulle uitgereik word, van ‘n sterk oortreksel voorsien en oppas. As hy/sy ‘n boek verlore laat raak, moet hy/sy die vervangingskoste by die kantoor inbetaal en die kwitansie vir die vakonderwyser gee. Titel en outeur van die boek moet op die Handboeklys ingevul word sodra die boek ontvang is. Skrifte moet met plastiek oorgetrek word volgens voorskrif. Die leerder moet die storieboek altyd in die tas hê indien geen huiswerk of klaar is met huiswerk. (Punte vir geen storieboek kan teen leerder aangeteken word.)
SEUNS
Hare moet netjies geknip wees volgens mode, maar nie uitspattig nie. Direk om die ore moet dit skoon geknip wees. Dit mag nie die ore raak wanneer die hare regaf gekam word nie.
Die nek moet skoon geknip wees vir minstens 3cm bokant die kraag.
Hare moet skuins – op gesny wees, geen uitspattige styl sal geduld word nie.
Hare mag nie langer as 4cm wees nie. Lyne en patrone mag nie in hare ingesny word nie. Indien leerders die kante korter sny, moet dit nie te lank op hulle koppe wees nie. Die verhouding moet steeds netjies en nie abstrak lyk nie.
Die voorhoof moet oop en skoon wees. Indien vorentoe gekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie.
Hare mag nie uitermatig van die kop af wegstaan nie. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.
Die hare mag nêrens toiingrig, punterig of in slierte hang nie.
Hare mag nie gekleur word nie. Hare wat “gejel” word mag nie langer as 2cm wees nie, en steeds netjies wees.
DOGTERS
Lang hare moet netjies gevleg of vasgemaak wees met blou of wit rekkies of haarlinte.
Geen oormatige haarknippies in die hare word toegelaat nie.
As die hare se lengte tot by die kakebeen (onder die wang) kom, moet dit vasgemaak word.
Kuif moet netjies vasgesteek word om kort genoeg te wees sodat dit nie aan die wenkbroue raak nie.
Hare mag nie gekleur word nie.
Spesiale vergunnings a.g.v. geloof- of kultuurredes moet skriftelik by die hoof aangevra word.
Hier kry die leerders geleentheid om te leer om selfstandig te werk.
Dit is nie beperk tot skriftelike werk nie. Studie-en leerwerk is net so belangrik.
‘n Pligsgetroue leerder sal nooit kan beweer dat hy/sy geen huiswerk het nie. Werk wat in die klas gedoen is, moet by die huis oorgegaan word om seker te maak dat die leerder dit verstaan en ken.
Alle huiswerk moet in huiswerkboek ingeskryf word by die datum wanneer dit gereed moet wees.
Leerders word aangeraai om wyer te lees as hul handboeke. Hier speel die mediasentrum ‘n vername rol.
‘n Huiswerkboek is verpligtend vir alle Graad 4 tot 7 leerders.
Huiswerk moet elke dag neergeskryf word. Merk elke opdrag sistematies af wat voltooi is om te kontroleer of alle huiswerk gedoen is.
Huiswerk word op D6 en op WhatsApp groepe geplaas, maar die huiswerkboekie en die verantwoordelikheid van leerders om huiswerk neer te skryf geniet steeds voorkeur.
Geen juwele soos armband of kettings nie. Indien toestemming – mag die ketting nie sigbaar wees nie (Gelowe)
Slegs gewone goue/geel, grys, navy of silwer “studs” of diamantjies of oorringetjies mag gedra word. Die ringetjies mag nie dik wees nie en moet ongeveer 5mm in deursnee wees. Die skool se oorbelletjies is ook toelaatbaar. Geen seuns mag oorbelle dra nie.
Slegs een oorbel per oor in die gaatjie van die oorlel (onderste gaatjie). Slegs polshorlosies word toegelaat.
Dogters mag ook seëlring dra.
Gedurende klaswisseling beweeg die leerders flink in rye na die volgende klas. Wisseling vind plaas op die sementblad onder die stoepe. Wisseling vind plaas in ‘n kloksgewyse rigting na die volgende klasse.
Die klasleidster stap voor en die klasleier heel agter die groep.
Niemand mag tydens klaswisseling die kleedkamer besoek nie. Wag by die volgende klas totdat die onderwyser die klas toelaat om in te gaan.
Tydens klaswisseling word die minimum lawaai veroorsaak en geen uitbundige lawaai sal geduld word nie.
Tasse word op albei skouers gedra, wielietjie tasse toelaatbaar. BL besluit (2013)
Kleedkamers moet netjies en skoon gehou word. Niks mag in die kleedkamers ingedra word nie, veral nie kos nie. Daar mag nie in die kleedkamers gespeel word nie. Slegs een leerder op ‘n keer uit dieselfde klas mag die kleedkamers besoek tydens klastyd. (Toestemmingskaartjie moet saamgeneem word).
Geen kougom word op die skoolterrein toegelaat nie. Geen kougomkouery mag plaasvind terwyl die leerder in sy/haar skooldrag geklee is nie – dit is ook van toepassing by alle sportgeleenthede.
Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
Geen naellak mag gedra word nie.
Spesiale vergunnings a.g.v. geloof- of kultuurredes moet skriftelik by die hoof aangevra word.
Leerders moet betyds by die skool wees. Laatkommers moet by kantoor aanmeld. Hekke sluit 7:30
Tydens saalbyeenkomste moet die laatkommers in elk geval in die saal ingaan saam met leerlingraad aan diens.
As die leerders op ander dae reeds in hul klasse is, moet die leerders eers by sy registeronderwyser gaan aanmeld voordat hy / sy na die klas toe gaan.
Geen ontgroening mag op die skoolterrein plaasvind nie. Geen leerder mag op die skoolterrein beledig of geïnkrimineer word nie.
Geen leerder mag die portaal as ‘n deurgang gebruik nie. Leerders beweeg slegs deur die portaal as hulle die sekretaresse wil gaan spreek.
Swak taalgebruik, baklei, lelike gesprekke, swak gedrag, stokkiesdraai, kwaadpraat van medeleerders, afskryf van huiswerk, slordige werk, laks houding, kougom, steel en onhoflike optrede.
Onthou elke leerder is ‘n advertensiebord van ons skool.
Ons optrede in die openbaar moet onberispelik wees, hetsy by ‘n skoolaktiwiteit of elders.
Ons word aan ons skooldrag geken en elkeen van ons is in skooldrag ‘n advertensie van die skool en moet die skool se naam hoog hou.
Wees hoflik en vriendelik teenoor almal. Groet beleefd. Wees nederig en op jou plek.
Sorg dat daar net met lof van ons gedrag, optrede en kleredrag gepraat word.
Indien ‘n leerder hom nie in die openbaar kan gedra nie, is dit jou plig om hom dadelik te berispe en, indien nodig, te rapporteer.
Geen pornografiese of ander erotiese materiaal mag op die skoolterrein gebring word nie. Alle oortredings van die reël sal streng hanteer word.
Leerders moet vermy om rowwe speletjies wat beserings kan veroorsaak te speel. Sekere speletjies kan deur die onderwysers verbied word.
Groter leerders mag nie onnodig in die spele van die kleiner leerders inmeng of hulle pla nie.
Graad 1 en 2 leerders wat met balle wil speel, kan op die grasnetbalbane gaan speel.
Geen vuiltaal nie. Om te vloek, is ‘n slegte gewoonte.
Daar mag nie naby motors gespeel word nie.
Geen klippe mag gegooi word nie.
Niemand mag sonder verlof van die hoof die terrein verlaat nie.
Seuns en dogters bly op hulle onderskeie terreine.
Geen radio mag deur ‘n leerder in ‘n klas gebruik word om tydens lesure na sportsuitsendings te luister nie.
Rapporte word aan die einde van die kwartaal of tydens oueraand deur die ouer/s by die registeronderwyser afgehaal. Hierdie rapporte moet deur die ouers geteken en dadelik teruggestuur word.
Alle skeurstrokies moet die volgende dag terug gestuur word na die skool.
Skeurstrokies moet deur die ouers geteken wees.
Omsendbriefkoeverte moet geteken en die volgende dag teruggestuur word.
Alle toetse van leerders moet deur die ouers geteken word.
Skool neem geen verantwoordelikheid vir selfone nie i.v.m diefstal ens.
Geen selfone word by leerders toegelaat nie.
Selfone moet aan die begin van die dag by die kantoor ingehandig word.
Indien ‘n selfoon in ‘n tas gekry word, sal dit aan die einde van die kwartaal eers aan die leerder teruggegee word!
Gedurende pouse word die leerders nie in die klaskamer, saal of op die stoepe sonder verlof van ‘n onderwyser toegelaat nie.
Niemand mag gedurende skooltyd by die fietsloods kom nie.
Elke leerder is mede-verantwoordelik om die klaskamers, kleedkamers, stoepe en terrein, netjies en skoon te hou.
Die gebou, meubels en apparaat moet opgepas en met die nodige respek behandel word.
Op die skoolterrein en in skooldrag, mag nie gerook word nie.
Elke leerder is self vir sy eiendom verantwoordelik.
Verlore artikels moet by die kantoor ingegee word. Indien ‘n leerders iets verloor het, kan hy by die kantoor navraag doen.
Alle kledingstukke en items moet gemerk wees. Leerders is ten alle tye verantwoordelik vir die netheid en sindelikheid van die skool en skoolterrein. Daarvoor is vullisblikke oral beskikbaar. By ons geld die reël: As ek ‘n papier sien lê, tel ek dit self op al het ek dit nie daar gegooi nie.
Indien ek ‘n persoon sien wat dit rondgooi, spreek ek so ‘n persoon aan.
Hierdie beleid geld ook by ons besoeke aan die terreine van ander skole. Leerders in leiersposisies en diensrade moet altyd leerders benoem wat sal sorg vir vullisblikke by velde en die skoonmaak van die terrein en veld na die byeenkoms.
Die skool begin Maandae – Donderdae om 7:30 en sluit om 13:45 en Vrydae 7:30-13:00.
Wanneer ‘n leerder weet dat hy/sy die skool gaan verlaat, moet so ‘n leerder ‘n week voor die tyd by die sekretaresse aansoek doen om ‘n oorplasingskaart.
Die lys van handboeke moet ook na al die vakonderwysers geneem word wat moet teken dat die leerder se handboeke ontvang is en dat die leerders sy/ haar gemerkte skrifte ontvang het.
Geen speelgoed, balle ingesluit, mag in die saal of klaskamers ingeneem word nie. Geen CD-spelers asook troeteldiere, mag na die skool gebring word nie.
Leerders word aangemoedig om ‘n sluitkassie by die skool te huur om hulle eiendom, insluitend sportoerusting, in toe te sluit.
Sien die terreinrooster vir die afbakening van die verskillende groepe se speelterreine.
Geen rowwe speletjies mag op die terrein gespeel word nie. Groter leerders mag nie onnodig in die speletjies van die kleiner leerders inmeng nie of hulle pla nie.
Geen bespotting van medeleerders of personeel word toegelaat nie.
Geen byname mag aan enige leerder of personeellid gegee word nie.
Dit is elke leerder se plig om eerstens vir sy skool deel te neem en daarna vir buite-instansies.
Dit is noodsaaklik dat elke leerder aan een of ander sportsoort sal deelneem
Leerders moet betyds wees vir sportoefening. Die korrekte sportdrag word ook by die oefening vereis. Indien ‘n leerder nie die oefening kan bywoon nie, moet daar by die afrigter verskoning gemaak word.
Enige leerder wat nie die sportoefening bywoon nie, mag deur die afrigter uit die span verwyder word.
Volg asb hierdie skakel na die volledige uiteensetting van skooldrag en sportdrag.
- Slegs voorgeskrewe seil- of leertasse word toegelaat.
- Die tas moet stewig, met afskortings en standaardgrootte wees (minimum afmetings 40cm x 25cm)
- Tasse moet voldoende ruimte bied, sodat handboeke en skrifte soos benodig, gerieflik ingepak kan word en ook voldoende beskerming ontvang.
- Die tas moet netjies wees en mag nie afbreuk doen aan ‘n leerder se voorkoms nie.
- Tasse met wieletjies word toegelaat.
- Tasse word op albei skouers gedra.
- Die tas moet gemerk wees met die leerder se naam.
Leerders mag slegs met tekkies op die baan gaan.
Die bane word nie sonder toestemming gebruik nie.
Niemand mag sonder die hoof se toestemming die skoolterrein verlaat nie, pouses ingesluit.
Wanneer ‘n leerder die terrein met verlof verlaat, moet hy/sy eers by die sekretaresse aanmeld.
Toegang tot die skool mag slegs deur die hekke geskied.
Geen leerder mag oor of deur enige heining of draad klim nie.
Geen leerder mag op enige trappe hardloop nie.
Geen hardlopery sal op die pawiljoen se trappe geduld word nie.
Om te vloek is ‘n uiterste swak gewoonte.
Geen vuil taal of vloekwoorde word op die terrein toegelaat nie.
Vir elke klas word ‘n “Volle Samewerkingsblad” aangelê wat die klasleier saamdra en waarin die klas as eenheid handtekeninge versamel van die onderwysers by wie hulle klas kry.
‘n Handtekening word aan ‘n klas toegeken indien die klas se aankoms, aantrede in die ry voor die klas, gedrag in die klas en verdaging aan die einde van die periode, die onderwyser tevrede laat met die klas se dissipline.
Hierdie boek het ‘n bladsy met elke leerder in die klas se naam daarop. Die gedragskode word hier toegepas.
Geen leerder mag voor skool in die klaskamer kom nie. Behalwe die wat diens doen of gereël het (maksimum van 3 leerders) en as die onderwyser in die klaskamer is.
Geen leerder mag laat kom vir skool nie. Laatkommers moet by die sekretaresse aanmeld om ‘n brief te ontvang.
Wanneer leerders by die skool aankom, moet hulle onmiddellik hul tasse voor hulle klaskamers gaan neersit in netjiese rye.
Nadat tasse neergesit is, moet leerders onmiddelik die stoep en trappe verlaat en na hul onderskeie speelterreine gaan.
Elektroniese speletjies, klimtolle, geraasmakers of enige ander speelgoed word nie by die skool toegelaat nie.
Fietse mag nie op die skoolterrein gery word nie en moet onmiddelik na die die fietsloods geneem word.
Geen leerder mag met iemand anders se fiets peuter of gebruik nie.
Leerders moet altyd skoon en netjies geklee wees.
Skooldrag is verpligtend.
Naels moet kort en versorg wees en hare netjies. Die seuns se hare moet altyd netjies geknip wees. Die skool behou die reg voor om te besluit of ‘n leerder se hare kort genoeg geknip is.
Alle dogters wie se hare oor die kraag hang , moet dit vasmaak volgens die reels. Slegs wit, blou of geel haarlinte en rekke.
Leerders wat oor provinsiale kleure beskik, mag die sweetpakke slegs Vrydae by die skool dra. Vir die res van die week word normale skooldrag gedra.