Nuwe Graad 1’s

Ons sien baie uit daarna om ons nuwe Graad 1’s te verwelkom!

Wat het ek alles nodig vir skool?

  • ‘n Tas met rakke – A4 boek moet inpas
  • 4 Gomstiffies – slegs Pritt of Amos asb. (1 per kwartaal)
  • Skerpmaker
  • Goeie skêr (ronde punt)
  • 2 Pakke 2H of HB potlode en 2 pakke inkleurpotlode.
  • Koop asb. potlode van goeie gehalte. MERK elke potlood duidelik met leerder se naam. Dit word by Juffrou gebêre en aan die leerder gegee wanneer hy/sy dit benodig.
  • 2 Pakke uitdraaikryte. BAIE BELANGRIK – maak asb. seker dat al die kleure elke dag by die skool is.
  • Waterverf vir Klankeboek (om by die huis te gebruik)
  • 2 A4-plastiekkoeverte vir huiswerkboeke
  • 4 rolle toiletpapier
  • 1 Inkleurboek
  • Sponsie (vir die swartbordjie)
  • 1 Flip-file (30 bladsye) vir los papiere
  • Voorskoot
  • 1 riem A4 – wit afrolpapier (500 bladsye)
  • Stoelsakkie (te koop in die kantoor @ R75 – beperkte aantal beskikbaar)
  • Plastiekoortreksels vir huiswerkboeke (beskikbaar in die kantoor @ R150 per pak van 25 of @ R6 los)
  • Kontantbedrag van R120
  • Pennesakkie of penneblik

Al die ekstra skryfbehoeftes moet deeglik gemerk word en in ‘n 2 liter roomysbak gesit word. Die roomysbak moet asb. ook duidelik met elkeen se naam gemerk wees. Juffrou neem dit in en die maatjies kan uithaal soos hul dit benodig.

Let wel: Indien daar van die items klaar raak gedurende die jaar sal Juffrou die ouers in kennis stel.

Waar koop ek skoolklere?

Jy is welkom om op hierdie skakel te kyk na hoe ons skoolklere lyk en waar om dit te koop.