Skoolklere en sportdrag is beskikbaar by
- Sportbroeke
- Gholfhemde
- Atletiek frokkies
- Sport skipants
- Langmou warmup toppies
- Hoodies
- Sweetpakke
- Krieketbroeke
- Hokkiekouse
- Skoolrokke
- Pullovers/truie
- Dasse
- Grys broeke/hemde
- Wit hemde
- Pakkette van klasbenodighede volgens graad
- Tasse
- Stoelsakkies
- Voorskote
Kontak nr: 082 921 4207
Facebook – Christine’s
Adres: Bornmanstraat 31C, Wolmaransstad
Leerders trek elke Dinsdag en Donderdag sportklere aan en sweetpakke in die winter. Leerders wat provinsiale kleure verwerf het, mag dit Vrydae aantrek, maar slegs kleure verwerf in die spesifieke jaar, nie vorige jare se provinsiale kleure nie.
Graag wil ons ouers uitnooi om jul kinders se nuwe sportklere wat te klein is kantoor toe te bring, sodat ons dit namens julle kan verkoop. Hier is ‘n groot aanvraag vir tweedehandse sportklere (wat nog nuut is). Julle kan groter nuwe sportklere vir jul kinders aankoop deur die oues te verkoop. Ons hoop om sommer ‘n klomp klere te ontvang!
Dogters
FORMELE DOGTERSDRAG – Somer
- Skoolrok
- ‘n Kort blou ski-pant mag onder die rok gedra word, maar mag nie sigbaar wees nie.
- Swart skoolskoene met wit kouse of kaalvoet.
- Langmou trui / “pull-over” / skoolsweetpakbaadjie / “Hoodie” kan gedra word op koue dae.
- Geen wessie, “second skin” of ander hempie mag onder die skoolklere sigbaar wees nie.
- Geen lang tights mag onder die rokke sigbaar wees nie.
Hierdie kleredrag is vir die somer. In die somer word dit op Maandae verplig, maar mag ook enige ander dag van die week gedra word. In die winter is dit nie verpligtend op Maandae nie.
FORMELE DOGTERSDRAG – Winter
- Lang swart skoolbroek.
- Kort / lang wit skoolhemp.
- Swart skoolskoene met wit kouse.
- Das kan gedra word, maar dan MOET die leerder skoene aanhê en die hemp MOET ‘n boonste knoop hê.
- Langmou trui / “pull-over” / skoolsweetpakbaadjie / “Hoodie” kan gedra word op koue dae.
Hierdie kleredrag is vir die winter. Dit is op geen dag verpligtend nie.
DOGTERS SPORTDRAG
- Skoolsportbroek / skoolsweetpakbroek.
- Skoolgholfhemp / skool se langmou “warm-up” top.
- Tekkies met wit kouse of kaalvoet.
- Langmou trui / “pull-over” / skoolsweetpakbaadjie / “Hoodie” kan gedra word op koue dae.
- ‘n Blou “PT-broek”/rugbybroek is ook toelaatbaar.
Hierdie kleredrag is vir winter en somer.
Seuns
FORMELE SEUNSDRAG
- Kort / lang grys skoolbroek.
- Kort / lang grys skoolhemp.
- Swart skoolskoene met grys kouse of kaalvoet.
- Grys langbroek MOET met skoene gedra word.
- Das kan gedra word, maar dan MOET die leerder skoene aanhê en die hemp MOET ‘n boonste knoop hê.
- Langmou trui / “pull-over” / skoolsweetpakbaadjie / “Hoodie” kan gedra word op koue dae.
- Geen wessie, “second skin” of ander hempie mag onder die skoolklere sigbaar wees nie.
Hierdie kleredrag is vir winter en somer. In die somer word dit op Maandae verplig, maar mag ook enige ander dag van die week gedra. In die winter is dit nie verpligtend op Maandae nie.
SEUNS SPORTDRAG
- Skoolsportbroek / skoolsweetpakbroek.
- Skoolgholfhemp / skool se langmou “warm-up” top.
- Tekkies met wit kouse of kaalvoet.
- Langmou trui / “pull-over” / skoolsweetpakbaadjie / “Hoodie” kan gedra word op koue dae.
- ‘n Blou “PT-broek”/rugbybroek is ook toelaatbaar.
Hierdie kleredrag is vir winter en somer.
Ander kleredrag
PROVINSIALE DRAG
- Kortbroek of sweetpakbroek.
- Hemp / trui / sweetpakbaadjie.
- Tekkies met spankouse of wit kouse anders kaalvoet.
- GEEN ski-pants of rompies NIE.
Alle KOSH streekspanne of provinsiale spanne se drag mag gedra word. Geen Bokkieweek drag is toelaatbaar nie. Indien spanne nie broeke by het nie, moet dit ‘n witbroek, swartbroek of bloubroek wees wat saam die drag gedra word.
Hierdie kleredrag mag SLEGS op Vrydae gedra word slegs in die jaar waarin die leerder hierdie provinsiale drag verwerf het.
GEWONE KLERE DAE
- Op hierdie dae geld alle skoolreëls in terme van voorkoms nogsteeds.
- Leerders se hare en juwele is steeds onderhewig aan die normale skoolreëls.
- Leerders moet steeds netjies aangetrek wees, met geen onwelvoeglike kleredrag nie.
Sportdrag tydens wedstryde
Sweetpak
Skoolsweetpak
Netbal
Skool gholfhempie
Skool netbalrompie
Rugby
Skool Rugbytrui
Blou broeke
Krieket
Skool gholfhempie
Wit broekie / wit krieketbroek
Atletiek
Skool gholfhempie
Blou broekie
LO
Skool gholfhempie en skool blou broek
Tennis
Seuns
Skool gholfhempie
Blou broekie
Dogters
Skool gholfhempie
Skool Netbalrompie
Hokkie
Seuns
Skool gholfhempie
Blou broekie
Dogters
Skool gholfhempie
Blou broekie of skoolnetbalrompie
Dae wat klere gedra word

GEEN ANDER KLEURE EN GEEN ANDER KLERE MAG ONDERAAN BY SPORTDRAG OF FORMELE SKOOLKLERE GEDRA WORD NIE!
ENIGE UITSONDERINGS OP SKOOLDRAG OF SKOOLREËLS AS GEVOLG VAN GELOOFS- OF KULTUURREDES MOET TOESTEMMING VERLEEN BY DIE SKOOLHOOF.
Voorkoms en Kleredrag
Leerders moet altyd skoon en netjies geklee wees. Skooldrag is verpligtend. Naels moet kort en versorg wees en hare netjies. Die seuns se hare moet altyd netjies geknip wees. Die skool behou die reg voor om te besluit of ‘n leerder se hare kort genoeg geknip is. Alle dogters wie se hare oor die kraag hang, moet dit vasmaak volgens die reëls. Slegs wit of blou haarlinte en rekkies. Leerders wat oor provinsiale kleure beskik, mag die sweetpakke slegs Vrydae by die skool dra. Vir die res van die week word normale skooldrag gedra. Geen grimering en/of juwele mag gedra word nie. Slegs dogters mag silwer of goue ‘studs’ of ringetjies in een oorgaatjie per oor dra. Dogters mag een seëlring dra. Seuns en dogters mag polshorlosies dra.
Tasse
- Slegs voorgeskrewe seil- of leertasse word toegelaat.
- Die tas moet stewig, met afskortings en standaardgrootte wees (minimum afmetings 40cm x 25cm)
- Tasse moet voldoende ruimte bied, sodat handboeke en skrifte soos benodig, gerieflik ingepak kan word en ook voldoende beskerming ontvang.
- Die tas moet netjies wees en mag nie afbreuk doen aan ‘n leerder se voorkoms nie.
- Tasse met wieletjies word toegelaat.
- Tasse word op albei skouers gedra.
- Die tas moet gemerk wees met die leerder se naam.